Plaaslike rolbalspelers bewys hulself
Spelers van Pietersburg Rolbalklub het hul goed van hul taak gekwyt tydens drie kompetisies waaraan hulle onlangs deelgeneem het. Tydens die Limpopo Kampioen van Kampioene-kompetisie het Polokwane se Kallie Calitz die mansafdeling oorheers en Bridget Calitz het vierde in die vroue-afdeling geëindig. Christo van der Merwe, Gareth Lambert en Deon Viljoen het onderskeidelik algeheel eerste, …
Spelers van Pietersburg Rolbalklub het hul goed van hul taak gekwyt tydens drie kompetisies waaraan hulle onlangs deelgeneem het.
Tydens die Limpopo Kampioen van Kampioene-kompetisie het Polokwane se Kallie Calitz die mansafdeling oorheers en Bridget Calitz het vierde in die vroue-afdeling geëindig.
Christo van der Merwe, Gareth Lambert en Deon Viljoen het onderskeidelik algeheel eerste, tweede en vierde in die ope mans?
afdeling tydens die Limpopo Meesterstoernooi, wat op 20 en 21 Junie aangebied is, gekom. John Ferns het die tweede plek in die senior mansafdeling verower.
Die vrouens se ope-afdeling is deur Lizette Deacon gewen met Annemarie Calitz en Nicky Viljoen in die tweede en derde plek.
Tydens Saterdag en Sondag se Limpopo-parekompetisie in die stad het Kallie Calitz en Jack Mothapo koning in die ope mans-afdeling gekraai.Hettie Deacon en Issie Coetzer het ‘n tweede plek in die senior vroue-afdeling verwerf.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Louis Trichardt is onderskeidelik die Kampioen van Kampioene in die mans- en vroue-afdeling.






