Sport

Pietersburg Jukskeiklub hou opedag

Dit is die ideale geleentheid om Saterdag die skeie af te stof en litte los te maak wanneer Pietersburg Jukskeiklub ‘n opedag by hul bane in Totiusstraat, Ivypark, aanbied. Opening is om 08:00 waarna die skeie om 08:30 sal begin klap. “Dit is ‘n dag vir almal en beloof om vol pret te wees vir …

Dit is die ideale geleentheid om Saterdag die skeie af te stof en litte los te maak wanneer Pietersburg Jukskeiklub ‘n opedag by hul bane in Totiusstraat, Ivypark, aanbied.
Opening is om 08:00 waarna die skeie om 08:30 sal begin klap. “Dit is ‘n dag vir almal en beloof om vol pret te wees vir die meer ervare spelers asook diegene wat nog nooit ‘n skei vasgehou het nie,” sê organiseerder, Naas Cornelius.
Belangstellendes kan in spanne van vier inskryf en individue is ewe welkom. Individue sal in spanne opgedeel word en in die A-, B- en C-afdelings deelneem.
Inskrywingsgeld kos R40 per speler wat middagete insluit.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button