Limpopo skolefietsryliga goed op dreef
Die tweede Limpopo Debtsafe Skolebergfietsrybyeenkoms, ook bekend as die Tour de Lake, het Saterdag by Stanford Lake College plaasgevind en is baie goed ondersteun. Volgens Johan van Dijkhorst, hoof van die Limpopo Skolefietsryliga, is die kompetisie nou behoorlik op dreef en die mededinging straf. Die Cross Country Olympics (XCO)-baan is deur Tiaan Fullard, leerkrag van …
Die tweede Limpopo Debtsafe Skolebergfietsrybyeenkoms, ook bekend as die Tour de Lake, het Saterdag by Stanford Lake College plaasgevind en is baie goed ondersteun.
Volgens Johan van Dijkhorst, hoof van die Limpopo Skolefietsryliga, is die kompetisie nou behoorlik op dreef en die mededinging straf.
Die Cross Country Olympics (XCO)-baan is deur Tiaan Fullard, leerkrag van Stanford Lake College en sy span uitgelê en was vol uitdagings. ‘n Ekstra kinkel in die kabel vir deelnemers in die subjunior en hoër kategorie, was ‘n trajek waartydens hulle teen ‘n stel trappe moes afry. Die dag was aksiebelaai en het die toeskouers se aandag heeltyd vasgevang.
“Limpopo Skolefietsryliga groei tans geweldig en is ‘n gewilde sportsoort. Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool), Marné Ebersohn Akademie, PEPPS Polokwane Preparatory School and College en Hoërskool Pietersburg het die stad se naam hoog gehou,” sê Annelize Ziehl-Owens, Oosskool se ouerverteenwoordiger van Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC).
In die Nipper meisiesafdeling (o.10) was Lilian Baber van Waterberg Academy eerste, Amélie Owens (tweede) en Marili Nel (derde), albei van Oosskool.
In die Nipper seunsafdeling (o.10) was Henry Owens van Oosskool eerste, gevolg deur Josua Retief van Laerskool Duiwelskloof en Anthony Clayton van PEPPS Polokwane Preparatory School and College in die derde plek.
JC Logtenberg van Oosskool was die wenner in die Sprog seunsafdeling (o.12), met Joshua Baber van Waterberg Academy tweede en Ruben Middelton van Unicorn Prepatory derde.
In die juniormeisies-afdeling het Annelize Mentz van PHS ‘n eerste plek verower. In die subjunior-afdeling (o.14) het Simoné Nel van Hoërskool Pietersburg (PHS) ‘n vierde plek verower.
Die byeenkoms is deel van die Spur Nasionale Skolebergfietsliga.
Die derde ligabyeenkoms, die Tour de Pot vind op 5 September in Mokopane plaas.
ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com







