Sport

Kruinies speel gholf in die donker

Nadat die son verlede Donderdag gesak het en meeste mense rustig was, het deelnemers aan Curro Heuwelkruin se naggholftoernooi hul vermoëns in die donker met gloeiende gholfballe getoets. Tientalle spanne het om pryse ter waarde van R15 000 meegeding. Vir ander was daar springkastele, lekker musiek en verskeie kosstalletjies. Braaivleisvure is aangesteek vir ondersteuners wat …

Nadat die son verlede Donderdag gesak het en meeste mense rustig was, het deelnemers aan Curro Heuwelkruin se naggholftoernooi hul vermoëns in die donker met gloeiende gholfballe getoets.
Tientalle spanne het om pryse ter waarde van
R15 000 meegeding. Vir ander was daar springkastele, lekker musiek en verskeie kosstalletjies. Braaivleisvure is aangesteek vir ondersteuners wat gesellig wou kuier met ‘n vleisie oor die kole.
Spanne se inskrywingsgeld het vier gloeiende gholfballe, fluoressent armbande en koeldrank ingesluit.
Die span bestaande uit Thomas Fouché, Freddie Booyens, Sampie van Aswegen en Jeandré Britz het ‘n naweek by Protea Hotel Zebula Lodge gewen.
Verskeie individuele koopbewyse is ook aan spelers oorhandig met Sam Scheepers wat tydens die gelukkige trekking ‘n naweek by ATKV Eiland Spa losgeslaan het.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Ruan Groenewald is gereed om die naggholftoernooi aan te durf.
Ruan Groenewald is gereed om die naggholftoernooi aan te durf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button