Sport

Pietersburg Dorp benodig afrigters

Pietersburg Dorp Rugbyklub se algemene jaarvergadering is verlede week by die klubhuis gehou waar ‘n nuwe komitee aangewys en klubaangeleenthede bespreek is. Charles van Wyk (president), Pierre Venter (voorsitter), Dirk van der Westhuizen (tesourier) en Cas Jones, Frank Cato en Ro­nald Phaleneng is addisionele lede. Pierre Coetzee is as klubkaptein aange­wys. Die posisie vir sekretaris …

Pietersburg Dorp Rugbyklub se algemene jaarvergadering is verlede week by die klubhuis gehou waar ‘n nuwe komitee aangewys en klubaangeleenthede bespreek is.
Charles van Wyk (president), Pierre Venter (voorsitter), Dirk van der Westhuizen (tesourier) en Cas Jones, Frank Cato en Ro­nald Phaleneng is addisionele lede.
Pierre Coetzee is as klubkaptein aange­wys. Die posisie vir sekretaris word nog afgehandel.
Venter sê dit was ‘n goeie jaar vir die klub. “Daar was moeilike tye, maar ons het die mas opgekom. Ons is trots om vanjaar as wenners van die reserweliga uit te tree. Ek wil veral die spelers vir hul toewyding en lojaliteit teenoor die klub bedank.”
Hy sê die klub wil ‘n dringende beroep op mense wat as afrigters by die klub wil aansluit doen.
“Ons het ‘n tekort aan afrigters.”
Belangstellendes kan Venter by 078 225 1709 skakel.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button