Loskop laat Pietersburg Dorp les opsê
Pietersburg Dorp Rugbyklub het tydens Saterdag se Boet Fickliga-kragmeting met Loskop Rugbyklub van Groblersdal sleg tweede gekom. Louis Boshoff was die enigste tweedespanspeler wat daarin kon slaag om oor die doellyn te duik terwyl Stefan Bornman die bal tussen die pale deurgestuur het. Dié sewe punte is al wat Pietersburg Dorp bymekaar kon maak terwyl …

Pietersburg Dorp Rugbyklub het tydens Saterdag se Boet Fickliga-kragmeting met Loskop Rugbyklub van Groblersdal sleg tweede gekom.
Louis Boshoff was die enigste tweedespanspeler wat daarin kon slaag om oor die doellyn te duik terwyl Stefan Bornman die bal tussen die pale deurgestuur het. Dié sewe punte is al wat Pietersburg Dorp bymekaar kon maak terwyl Loskop teen die einde 39 punte op die telbord gehad het.
Die eerstespan verloor met 20 punte teenoor Loskop se 36. Werner von Heese het twee drieë gedruk en Conrad Seitz een. Johan Bekker en Juan Vos slaag onderskeidelik met ‘n doel- en strafskop.
Foto’s: RC Myburgh – Louis Boshoff van Pie-tersburg Dorp se twee-despan beur deur sy opponente tot by die doellyn.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



