Sport

Gemengde welslae vir plaaslike rugbyspanne

Die vierde ronde van die Boet Fickliga is die naweek op Goldwagen Noordelikes en Pie­tersburg Dorp Rugbyklub se onderskeie velde gespeel. Pietersburg Dorp se tweedespan het Saterdag op hul tuisveld met 10-20 teen Phalaborwa Rugbyklub verloor en speel Saterdag ‘n wegwedstryd teen Potgietersrus Rugbyklub. Op Noordelikes se veld het die rooi masjien teen Louis Trichardt- …

Die vierde ronde van die Boet Fickliga is die naweek op Goldwagen Noordelikes en Pie­tersburg Dorp Rugbyklub se onderskeie velde gespeel.
Pietersburg Dorp se tweedespan het Saterdag op hul tuisveld met 10-20 teen Phalaborwa Rugbyklub verloor en speel Saterdag ‘n wegwedstryd teen Potgietersrus Rugbyklub.
Op Noordelikes se veld het die rooi masjien teen Louis Trichardt- en Dendron Rugbyklubs te staan gekom. Die derdespan het Louis Trichardt met 19-17 ore aangesit, terwyl Dendron die tweedespan met slegs vier punte, 24-20 kon klop.
Noordelikes se eerstespan het uithalerrugby gespeel en Louis Trichardt met ‘n eindtelling van 31-10 laat les opsê.
Groot rugbyaksie word volgende naweek verwag wanneer Pietersburg Dorp en Noordelikes mekaar pak.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button