Sport
Dendron spog met vyfde wen
Daar was Saterdag geen keer aan Dendron se rugbyspan toe die span in Louis Trichardt teen Loskop Rugbyklub se manne te staan gekom het nie. Tydens die Boet Fickliga-wedstryd het Dendron hulle teenstanders laat les opsê en met 32-10 gewen. Die hoofafrigter van die Dendronspan, Henry Venter sê dat hulle tot dusver vanjaar in al …

Daar was Saterdag geen keer aan Dendron se rugbyspan toe die span in Louis Trichardt teen Loskop Rugbyklub se manne te staan gekom het nie. Tydens die Boet Fickliga-wedstryd het Dendron hulle teenstanders laat les opsê en met 32-10 gewen.
Die hoofafrigter van die Dendronspan, Henry Venter sê dat hulle tot dusver vanjaar in al vyf wedstryde onoorwonne is.
“Ons spelers het aan die begin van die wedstryd teen Loskop gesukkel, maar het veggees gewys en in die tweede helfte weer mooi op dreef gekom.”
Die span draf Saterdag teen die rugbyspan van die Universiteit van Limpopo uit.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



