La Wiida gholfdag
Honderd gholfspelers en ondersteuners van so ver as Gauteng het Vrydag by die Polokwane Gholfklub saamgetrek om La Wiida Leersentrum vir Kinders met Spesiale Behoeftes se jaarlikse gholfdag te ondersteun Die wenners was die span van Dwayne Viljoen, Andrew Galloway, Thys de Kock en Barend Jacobs met 99 punte. Ben Bronkhorst, Kobus Marnewick, Johan Liebenberg …

Honderd gholfspelers en ondersteuners van so ver as Gauteng het Vrydag by die Polokwane Gholfklub saamgetrek om La Wiida Leersentrum vir Kinders met Spesiale Behoeftes se jaarlikse gholfdag te ondersteun
Die wenners was die span van Dwayne Viljoen, Andrew Galloway, Thys de Kock en Barend Jacobs met 99 punte. Ben Bronkhorst, Kobus Marnewick, Johan Liebenberg en Ernest Fawer was naaste aan die pen op die vierde, agtste, elfde en sestiende putjies.
Die dag is met ‘n skaapbraai afgesluit en sketse van leerders is opgeveil.
Die opbrengs van die dag gaan volgens Peter O’Reilly, organiseerder, vir die bedryf van die skool. “Ons waardeer borge se bydraes en deelnemers omdat die skool grootliks op bydraes van ouers aangewese is.”
Hoof Foto: Barry Viljoen – Gordon Hayes op die negende putjie tydens die gholfdag ten bate van La Wiida Leersentrum.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com




