Noordelikes pak Pietersburg dié Saterdag
Rugbyliefhebbers kan Saterdag groot rugby verwag wanneer Goldwagen Noordelikes en Pietersburg Dorp Rugbyklub mekaar in die Boet Fickliga pak. Beide klubs het reeds teen verskeie ander klubs in die provinsie te staan gekom, maar Saterdag se sesde Boet Fickliga-ronde beloof om groot opwinding te verskaf wanneer die rooimasjien en Dorp teen mekaar te staan kom. …

Rugbyliefhebbers kan Saterdag groot rugby verwag wanneer Goldwagen Noordelikes en Pietersburg Dorp Rugbyklub mekaar in die Boet Fickliga pak.
Beide klubs het reeds teen verskeie ander klubs in die provinsie te staan gekom, maar Saterdag se sesde Boet Fickliga-ronde beloof om groot opwinding te verskaf wanneer die rooimasjien en Dorp teen mekaar te staan kom.
Die wedstryde word by Dorp, tussen die twee stadions gespeel. Die hekke open reeds vroeg Saterdag en toeskouers kan vroeg vir hulle ‘n goeie sitplek langs die veld inneem. Kos en drinkgoed is te koop en toegang is R20 per voertuig.
Pierre Venter, Dorp se klubbestuurder, sê slegs die eerste en tweede spanne speel omdat die derde span as gevolg van te veel beserings moes onttrek. Die eerste wedstryd word voorlopig vir 15:00 beplan waarna die eerstespanne om 16:30 sal afskop.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



