Sport

Tree aan vir potjiekoskompetisie, Piet Pompies vir rugbyklub

Potjiekosliefhebbers en aanhangers van die gewilde Afrikaanse kunstenaar, Piet Pompies kan gereed maak vir ‘n opskop soos min wanneer Dendon Rugbyklub op 7 Mei hul borgedag aanbied. Dié pretdag vind by ‘n lodge, 22 km buite die stad op die Soetdoringspad plaas. Die potjiekoskompetisie begin om 13:00, om 18:00 sal die borge amptelik bedank word …

Potjiekosliefhebbers en aanhangers van die gewilde Afrikaanse kunstenaar, Piet Pompies kan gereed maak vir ‘n opskop soos min wanneer Dendon Rugbyklub op 7 Mei hul borgedag aanbied.
Dié pretdag vind by ‘n lodge, 22 km buite die stad op die Soetdoringspad plaas. Die potjiekoskompetisie begin om 13:00, om 18:00 sal die borge amptelik bedank word en teen 18:30 sal Piet Pom­pies verseker dat die dag op ‘n hoë noot afgesluit word.
Die klub se hoofafrigter, Henry Venter sê dat gaste nie teleurgestel sal word nie. Hy sê die dag word aangebied om geld vir die klub in te samel en van die wins uit die potjiekoskompetisie sal vir ‘n liefdadigheidsprojek aangewend word.
Spanne van vier kan vir die potjiekos­kompetisie inskryf wat R600 per span kos en twee kaartjies vir Piet Pompies insluit. Spanne moet hulle eie bestanddele saambring en kan kies of hulle ‘n hoender- of beespot wil maak.
Toegangsfooi beloop R100 per persoon wat die potjiekosete en Piet Pompies-vertoning insluit. Laerskoolleerders en jonger se toegang is gratis. Gaste is ook welkom om ‘n piekniekmandjie saam te bring. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.
Skakel Henry Venter by 082 879 3746 of Reancke Breytenbach by 084 512 9858 vir meer inligting.

Hoof foto: Dendron Rugbyklub-spelers sien uit na ‘n genot­volle dag op 7 Mei.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button