Dorp kous oor kop huis toe
Goldwagen Noordelikes het Saterdag die vloer met Pietersburg Dorp Rugbyklub op hul tuisveld gevee. Die eerste- en tweedespanne van die twee plaaslike klubs het in die sesde ronde van die jaarlikse Boet Fickliga kragte gemeet. Noordelikes se tweedespan het ‘n wegholsege van 52-0 behaal, terwyl die eerstespan moeiteloos 76 punte op die telbord gesit het …

Goldwagen Noordelikes het Saterdag die vloer met Pietersburg Dorp Rugbyklub op hul tuisveld gevee. Die eerste- en tweedespanne van die twee plaaslike klubs het in die sesde ronde van die jaarlikse Boet Fickliga kragte gemeet.
Noordelikes se tweedespan het ‘n wegholsege van 52-0 behaal, terwyl die eerstespan moeiteloos 76 punte op die telbord gesit het teenoor Dorp se vyf punte. Noordelikes speel Saterdag op hul tuisveld teen Mankweng Rugbyklub en die Universiteit van Limpopo terwyl Dorp teen Letaba op Letaba se velde te staan kom.
Hoof Foto: RC Myburgh – Pietersburg Dorp se skrumskakel, Francois Lottering kry vinnig die bal van die skrum uit.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



