Sport

Pretdag met jukskeie wat klap

‘n Joviale atmosfeer het verlede Woensdag by Pietersburg Jukskeiklub tydens hul rondomtaliepretdag geheers. “Enige persoon kon deelneem en die hoofdoel was om nuwe lede te werf en belangstellendes geleentheid te gee om meer van jukskei te leer,” sê klubkomiteelid, Andri Marais. Agt spankapteine is gekies en spelers het lootjies getrek om in spanne verdeel te …

‘n Joviale atmosfeer het verlede Woensdag by Pietersburg Jukskeiklub tydens hul rondomtaliepretdag geheers.
“Enige persoon kon deelneem en die hoofdoel was om nuwe lede te werf en belangstellendes geleentheid te gee om meer van jukskei te leer,” sê klubkomiteelid, Andri Marais.
Agt spankapteine is gekies en spelers het lootjies getrek om in spanne verdeel te word.

Andri Marais neem aan die rondomtaliepretdag van Pietersburg Jukskeiklub deel.
Andri Marais neem aan die rondomtaliepretdag van Pietersburg Jukskeiklub deel.

Na elke wedstryd is elkeen in die span se punt as individuele punt opgeskryf waarna die beste drie spelers van die dag aangewys is. Die wenners was Pieter-Jan Gouws, Druan Venter en Franko Venter.

Hoof Foto’s: RC Myburgh  – Links: Nis Kotze gooi die perfekte skei. Regs: Een van die spankapteine, Bernard Pretorius wys vir sy spanmaat waar om te gooi.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button