Sport

Rhino Trail XCO goed ondersteun

Ondersteuning van Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC) se Rhino Trail Cross Country Olympic (XCO) Saterdag in die Polokwane Wildreservaat het verseker dat die ren ‘n jaarlikse inskrywing op die stad se kalender regverdig. Sowat 87 deelnemers kon oor drie, vier en vyf rondes van 3 tot 5 km in verskeie kategorieë meeding. Subveteraan, Ben Olivier …

Ondersteuning van Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC) se Rhino Trail Cross Country Olympic (XCO) Saterdag in die Polokwane Wildreservaat het verseker dat die ren ‘n jaarlikse inskrywing op die stad se kalender regverdig.
Sowat 87 deelnemers kon oor drie, vier en vyf rondes van 3 tot 5 km in verskeie kategorieë meeding.
Subveteraan, Ben Olivier wat gereeld kompeterend deelneem, is baie tevrede met die roete. “Hulle moet niks verander nie. Daar was plekke om verby te gaan en genoeg gelyktes waar mens bietjie kon rus tussen die klimme wat nogal ‘n uitdaging was.”
Chareen Thomas, voorsitter van PPCC sê vanjaar se byeenkoms was die eerste en gaan beslis weer aangebied word. “Dit was ‘n kwalifiseringsbyeenkoms vir Limpopo-kleure met groot belangstelling.”
Sy het haar dank teenoor die klublede wat met die reëlings betrokke was, uitgespreek en Willem Louw, wat die leiding geneem het, uitgesonder.

Foto’s: Barry Viljoen Willie Prinsloo, voor, en Gawie Booysen voltooi die tweede ronde van die Rhino Trail XCO.
Foto’s: Barry Viljoen
Willie Prinsloo, voor, en Gawie Booysen voltooi die tweede ronde van die Rhino Trail XCO.

Wenners
Amelie Owens (nippermeisies; o.10), Henry Owens (nipperseuns; o.10), Lilian Baber (sprogmeisies; o.12), Tyrone Anders (sprogseuns; o.12), Megan Watridge (subjuniormeisies; 13 tot 14 jaar), Joshua Baber (subju­niorseuns; 13 tot 14 jaar), Christelle Coetzer (meisies; 15 tot 16 jaar), Richard Lambert (seuns; 15 tot 16 jaar), Joleen de Swardt (meisies; 17 tot 18 jaar) en Douglas Archer (seuns; 17 tot 18 jaar). Ander wenners was Marianne Lourens (elitevroue; 19 tot 29 jaar), Natasha Louw (subveteraanvroue; 30 tot 39 jaar), Ben Olivier (subveteraanmans; 30 tot 39 jaar), Christie Thomas (veteraanvroue; 40 tot 49 jaar), David Baber (vete­r­aanmans; 40 tot 49 jaar), Fanus Eksteen (meestermans; 50 tot 59 jaar), Elbie Lourens (grootmeestervroue; 60 tot 69 jaar) en Elmo Barnardt (grootmeestermans; 60 tot 69 jaar).

Hoof Foto: Fanus Eksteen en Sheldon en Byron Nel geniet die Rhino Trail Cross Country Olympic (XCO) in die Polokwane Wildreservaat.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button