Gesellige samesyn by rugbyklub se pretdag
Gaste wat Dendron Rugbyklub se borgedag Saterdag by ‘n lodge buite die dorp bygewoon het was nie teleurgestel nie en die dag het vir hope pret en vermaak gesorg. Ongeveer 250 besoekers het al van vroegmiddag saamgetrek om die stad se potjiekoskonings in aksie te sien terwyl hulle geswoeg het om die beste potjie op …
Gaste wat Dendron Rugbyklub se borgedag Saterdag by ‘n lodge buite die dorp bygewoon het was nie teleurgestel nie en die dag het vir hope pret en vermaak gesorg.
Ongeveer 250 besoekers het al van vroegmiddag saamgetrek om die stad se potjiekoskonings in aksie te sien terwyl hulle geswoeg het om die beste potjie op te tower.
Sanger, Lemé het die dag se vermaak verskaf terwyl die gewilde Afrikaanse kunstenaar, Piet Pompies die aand op ‘n hoë noot afgesluit het.
Die rugbyklub wat nog nie een wedstryd hierdie seisoen verloor het nie, het hulle borge die aand vir hulle ondersteuning en bydrae bedank en rugbytruie is opgeveil.
Charles van der Walt en sy spanmaat, Erich van Rooyen is as die dag se potjiekoswenners aangewys.
Henry Venter, hoofafrigter sê die geleentheid was ‘n reuse sukses en het elkeen wat die dag ondersteun het, bedank.
Die wins wat tydens die dag gemaak is gaan vir die klub se uitgawes en ‘n liefdadigheidprojek.
Hoof Foto: Leandri van Schalkwyk – Dendron-rugbyspelers, Jacques Els, Johan du Plooy, Michael Landsberg, Charles van der Walt en Adolf Swanepoel kuier gesellig saam.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com







