Sport

Kolskote vir Limpopo se sportjagters

Plaaslike jagters van die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfe-derasie (SASJF) het onlangs as wenners van die Nasionale Jaggeweerkampioenskappe uit die stryd getree. Die kompetisie het uit vyf rondes bestaan en jagters moes te voet, sonder gidse op ‘n plaas buite Swartwater teen jagters van Mpumalanga kompeteer. ‘n Hart-, nek- of kopskoot het die meeste punte aan …

Plaaslike jagters van die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfe-derasie (SASJF) het onlangs as wenners van die Nasionale Jaggeweerkampioenskappe uit die stryd getree.
Die kompetisie het uit vyf rondes bestaan en jagters moes te voet, sonder gidse op ‘n plaas buite Swartwater teen jagters van Mpumalanga kompeteer. ‘n Hart-, nek- of kopskoot het die meeste punte aan die jagters besorg en hul moes vier bokke uit twee spesies skiet.
SASJF se nasionale voorsitter, Christo Pretorius, sê Mpumalanga het na die eerste dag voorgeloop, maar Limpopo se A-span is nie daardeur afgeskrik nie en die spanning het teen die tweede dag hoog geloop toe Limpopojagter, Johan van Wyk twee bokke kort was om te wen en Mpumalanga-jagters steeds ‘n tweede spesie moes skiet.
Van Wyk het omstreeks 17:00 laat weet hy het ‘n vlakvark en rooibok platgeskiet wat die span se oorwinning verseker het. Pretorius sê die sege is vir hul uitnemend omdat hulle Mpumalanga met twee professionele jagters in die span, kon uitstof.
Limpopo se B-span het ‘n algehele derde plek behaal.

Hoof Foto: Limpopo se A-spanjagters bestaande uit Danie le Roux, Johan van Wyk en Christo Pretorius is algehele wenners van die onlangse Nasionale Jaggeweerkampioenskappe.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die B-spanlede is Bennie van Wyk, Paul Grobler en Cobus Joubert.
Die B-spanlede is Bennie van Wyk, Paul Grobler en Cobus Joubert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button