Sport

Dorp trap klei teen universiteitspan

Die 12de ronde van die jaarlikse Boet Fickliga is Saterdag gespeel en Pietersburg Dorp Rugbyklub het ‘n bloutjie op hul tuisveld teen Universiteit van Limpopo (UL) geloop. Dit was ‘n harde wedstryd en beide spanne se verdediging was op standaard, maar UL se spelers het deeglik daarin geslaag om die doellyn telkens te bereik wat …

Die 12de ronde van die jaarlikse Boet Fickliga is Saterdag gespeel en Pietersburg Dorp Rugbyklub het ‘n bloutjie op hul tuisveld teen Universiteit van Limpopo (UL) geloop.
Dit was ‘n harde wedstryd en beide spanne se verdediging was op standaard, maar UL se spelers het deeglik daarin geslaag om die doellyn telkens te bereik wat die eindtelling op 38-0 gebring het.
Saterdag speel Dorp teen Loskop Rugbyklub in Groblersdal terwyl Goldwagen Noordelikes tuis teen Letaba Rugbyklub te staan kom.
Intussen het die o.21-Limpopo Blou Bulle Saterdag op die ou Peter Mokaba Stadion in ‘n Curriebeker-stryd met die Valke kragte gemeet. Nie die plaaslike Blou Bulle-kantoor of die nasionale Blou Bulle-unie het teen druktyd met die telling gereageer nie.

Hoof Foto: RC Myburgh – Dorp se agterspeler, Adam Adams word teen die kantlyn platgetrek. 

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Johannes Lediga van Dorp word nie maklike gestuit nie.
Johannes Lediga van Dorp word nie maklike gestuit nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button