Sport
Sonskyndag sorg vir 4×4-pret
Met Limpopo 4×4-klub se spanbyeenkoms Saterdag kon klublede hul vaardighede op die hindernisbaan op die Silikonpad beproef. Rob Wilson het eerste geeïndig in sy pypkar met 370 punte, gevolg deur Bernard Radmore in sy Willys Jeep met 321 punte in die tweede plek. Japie van Staden was derde in sy Pajero met 315 punte. Martin …

Met Limpopo 4×4-klub se spanbyeenkoms Saterdag kon klublede hul vaardighede op die hindernisbaan op die Silikonpad beproef.
Rob Wilson het eerste geeïndig in sy pypkar met 370 punte, gevolg deur Bernard Radmore in sy Willys Jeep met 321 punte in die tweede plek. Japie van Staden was derde in sy Pajero met 315 punte.
Martin Groenewald, klubvoorsitter sê die byeenkoms was ‘n reuse sukses wat deelnemers en toeskouers terdeë geniet het.
Hoof Foto: Bernard Radmore is in die tweede plek met sy Willys Jeep.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



