Sport

Stad se goue ster terug in die atletiekarena

“Om weer amptelik aan wedlope deel te neem, is een van die grootste geskenke wat enige atleet kan ontvang. Die Comrades sien my definitief weer volgende jaar.” Martinique Potgieter, spog­atleet van die stad en lid van Pietersburg Road Runners (PRR) het in 2014 ‘n algehele negende plek in die vroue afdeling van die Comrades vero­wer …

“Om weer amptelik aan wedlope deel te neem, is een van die grootste geskenke wat enige atleet kan ontvang. Die Comrades sien my definitief weer volgende jaar.”
Martinique Potgieter, spog­atleet van die stad en lid van
Pietersburg Road Runners (PRR) het in 2014 ‘n algehele negende plek in die vroue afdeling van die Comrades vero­wer waarna sy haar medalje moes prysgee omdat sy positief vir ‘n verbode middel getoets is en vir twee jaar uit wedloopdeelname geskors is.
“Ek kan nie beskryf hoe dit voel om terug te wees nie. Dit is ‘n berg van my skouers af. Ek sit wat gebeur het agter my en begin van voor,” sê Potgieter nadat haar verbanningsperiode op 1 Junie verstryk het.
Drie dae later, op 4 Junie het sy tydens die Polokwane parkrun haar stempel deeglik afgedruk deur die rekord in die 5 km vir vrouens van 19:12 na 18:36 te verbeter. Die afgelope twee jaar was vir haar ‘n moeilike tyd. “Dit was nie bewustelik nie, maar ek het ‘n duur les geleer. Alhoewel ek verbied is om aan enige wedloop deel te neem, het ek aanhou oefen. Dit was moeilik om gemotiveerd te bly terwyl jy niks het om voor te werk nie,” sê sy.
Potgieter is tans besig met voorbereiding vir die Exxaro Mogol Marathon wat op 15 Augustus in Lephalale plaasvind.

Hoof Foto: Verskaf- Martinique Potgieter mag sedert 1 Junie weer amptelik aan padwedlope deelneem.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button