Sport

Koningskinders se gholfdag pure pret

Koningskinders, die gemeenskapsprojek van die Gereformeerde Kerke van Polokwane se eerste gholfdag wat onlangs by die Polokwane Gholfklub gehou is, was so suksesvol dat dit nou ‘n jaarlikse instelling gaan word. Die formaat was ‘n vierbalalliansie met twee tellings wat tel. Die span van Johan van Ravesteyn was die wenners met 107 punte, gevolg deur …

Koningskinders, die gemeenskapsprojek van die Gereformeerde Kerke van Polokwane se eerste gholfdag wat onlangs by die Polokwane Gholfklub gehou is, was so suksesvol dat dit nou ‘n jaarlikse instelling gaan word. Die formaat was ‘n vierbalalliansie met twee tellings wat tel.
Die span van Johan van Ravesteyn was die wenners met 107 punte, gevolg deur die BB Polokwane Ford-span met 106 punte en die Northern Forklifts-span in die derde plek met 105 punte.
Organiseerders, Marie Fraser en Annemarie van Rensburg het hul opregte dank teen­oor die gemeenskap van Polokwane wat deurentyd die projekte van Koningskinders getrou ondersteun, uitgespreek.

Hoof foto: Deon Steynberg, Marissa Coetzer en André du Plessis het die halfpadstalletjie beman.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 Jaco Laas.
Jaco Laas.
Wouter Roos slaan op die vyfde putjie af.
Wouter Roos slaan op die vyfde putjie af.
Foto’s: Barry Viljoen Charl van der Merwe, Driaan Opperman, Juan Naudé en André Botha.
Foto’s: Barry Viljoen
Charl van der Merwe, Driaan Opperman, Juan Naudé en André Botha.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button