Limpopo se o.20-Blou Bulle troef Grens
Limpopo se o.20-Blou Bulle het op hul sukses van die vorige naweek voortgebou toe hulle tydens Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen Grens met ‘n 55-3 oorwinning weggestap het. Die span het verlede Saterdag met dieselfde telling teen die Valke geseëvier. Die Blou Bulle het nege drieë in totaal gedruk met Lehlogonolo Kwenaite wat in die vyfde …
Limpopo se o.20-Blou Bulle het op hul sukses van die vorige naweek voortgebou toe hulle tydens Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen Grens met ‘n 55-3 oorwinning weggestap het.
Die span het verlede Saterdag met dieselfde telling teen die Valke geseëvier.
Die Blou Bulle het nege drieë in totaal gedruk met Lehlogonolo Kwenaite wat in die vyfde minuut van die wedstryd reeds agter die pale gaan kuier het.
Marnus Koorts en oud-Pieties, Salie Vermaak en Jason André Pelser, het voor die halfeindfluitjie hul spanmaats se voorbeeld gevolg terwyl die span van Grens slegs drie punte met ‘n strafskop kon kry.
Die Blou Bulle het met drie doelskoppe geslaag wat die halftydtelling op 26-3 te staan gebring het.
In die tweede helfte het hulle nie laat slaplê nie met Frans Botha, Juvan Stimie, Ronald van de Wetering, Lloyd Tshabalala en André Mostert wat die bal tot oor die doellyn kon dra. Met drie doelskoppe oorgeklits het die eindtelling op 55-3 te staan gekom.
Kwenaite kon vier drieë verdoel terwyl Emile le Roux een keer die bal tussen die pale deurgestuur het. Die span speel Saterdag in Upington teen Griekwas.
Hoof foto: RC Myburgh – Brendan O’Donoghue wen veld.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







