Polokwane bied rolbal pare-kampioenskappe aan
Polokwane Rolbalklub het Saterdag te midde van heerlike winterweer die Limpopo Parekampioenskappe aangebied waartydens deelnemers van regoor die provinsie mekaar die stryd aangesê het. Monica Ras en Hettie Rossouw van Warmbad Rolbalklub het skoonskip gemaak en naaswenners, Nicky Viljoen en Lizette Deacon van Polokwane die loef afgesteek. Annemarie Calitz en Gloria Schoeman van Polokwane het …
Polokwane Rolbalklub het Saterdag te midde van heerlike winterweer die Limpopo Parekampioenskappe aangebied waartydens deelnemers van regoor die provinsie mekaar die stryd aangesê het.
Monica Ras en Hettie Rossouw van Warmbad Rolbalklub het skoonskip gemaak en naaswenners, Nicky Viljoen en Lizette Deacon van Polokwane die loef afgesteek. Annemarie Calitz en Gloria Schoeman van Polokwane het in die derde plek geëindig.
Neels Theron en Peet Jordaan van Tzaneen het in die mansafdeling oorheers, met Hannes Lindsay en Snowy Janse van Rensburg as naaswenners. Die volgende belangrike datum op die rolbalkalender is 9 en 10 Julie, wanneer die Meestersenkelspel-kampioenskappe vir uitgenooide spelers plaasvind.
Hoof Foto – Nelie Erasmus: Lizette Deacon van Polokwane.
NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com






