Geskiedenis gemaak by Polokwane parkrun
Johan van Graan het Saterdag die eerste atleet van Polokwane Atletiekklub (PAC) geword wat 50 Parkruns voltooi en ‘n rooi T-hemp vir die mylpaal ontvang het. Hy is nou ‘n lid van die Parkrun 50 Club. Die eerste persoon in Polokwane wat die doelwit ‘n paar weke gelede bereik het, is John le Cordeur (80), …

Johan van Graan het Saterdag die eerste atleet van Polokwane Atletiekklub (PAC) geword wat 50 Parkruns voltooi en ‘n rooi T-hemp vir die mylpaal ontvang het. Hy is nou ‘n lid van die Parkrun 50 Club.
Die eerste persoon in Polokwane wat die doelwit ‘n paar weke gelede bereik het, is John le Cordeur (80), maar hy is nie ‘n PAC-klublid nie.
Die Parkrun wat elke Saterdag om 08:00 oorkant Hoër Tegniese Skool Tom Naudé plaasvind, is gratis. Drawwers, stappers en selfs mense met babas in stootkarretjies en honde aan halsbande, vergesel van hul eienaars, is welkom.
Belangstellendes kan op die internet registreer waarna hulle ‘n strepieskode kry en hul vordering gemonitor word. Geregistreerde persone kan aan enige parkrun in Suid-Afrika of in die buiteland deelneem.
Deelnemers wat 100 keer oor die 5 km-
merk draf of stap kwalifiseer vir ‘n swart T-hemp. Die hoofdoel bly egter steeds om sport en gesondheid te bevorder, maar dit is nie ‘n wedloop nie.
Story & Photo by: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com
Hoof foto: Johan van Graan voltooi Saterdag sy 50ste parkrun in die stad.



