Noordelikes sterk op dreef in liga
Die semifinale ronde van die jaarlikse Boet Fickliga kom nader en Goldwagen Noordelikes is gemotiveerd besig om hul pad tot die eindstryd te baan. Noordelikes het hul stemme sedert die begin van die liga dik gemaak met al drie klubspanne wat in byna elke wedstryd geseëvier het. Saterdag het Noordelikes se tweedespan teen hul eweknieë …

Die semifinale ronde van die jaarlikse Boet Fickliga kom nader en Goldwagen Noordelikes is gemotiveerd besig om hul pad tot die eindstryd te baan.
Noordelikes het hul stemme sedert die begin van die liga dik gemaak met al drie klubspanne wat in byna elke wedstryd geseëvier het. Saterdag het Noordelikes se tweedespan teen hul eweknieë van Pietersburg Dorp op Noordelikes se tuisveld in die 15de ronde van die liga te staan gekom.
Noordelikes was net te sterk en het Dorp behoorlik in die stof laat byt met 86-5.
Die Boet Fickliga semifinaal vind op 30 Julie plaas.
Story & Photo: RC Myburgh – Ricardo Varela van Goldwagen Noordelikes breek Saterdag deur Pietersburg Dorp se verdediging.



