Sport

Noordelikes in Boet Fick-finaal

Alle oë is tans op Goldwagen Noordelikes se drie rugbyspanne wat Saterdag vir die derde agtereenvolgende jaar al drie in die Boet Fickliga-finaal speel. Noordelikes se eerste- en tweedespan het Saterdag op Hoërskool Pietersburg (PHS) se veld onderskeidelik teen Loskop Rugbyklub en Letaba Rugbyklub in die semifinaal te staan gekom en ondersteu­ners nie teleurgestel nie. …

Alle oë is tans op Goldwagen Noordelikes se drie rugbyspanne wat Saterdag vir die derde agtereenvolgende jaar al drie in die Boet Fickliga-finaal speel.
Noordelikes se eerste- en tweedespan het Saterdag op Hoërskool Pietersburg (PHS) se veld onderskeidelik teen Loskop Rugbyklub en Letaba Rugbyklub in die semifinaal te staan gekom en ondersteu­ners nie teleurgestel nie. Die derdespan het reeds vroeër vir die finaal gekwalifiseer.
Die tweedespan se drieë is deur Juan de Beer, Hendrie van Niekerk, Ruann Bakkes en Stefan Schoeman aangeteken terwyl twee daarvan deur Martin Stone verdoel is en die eindtelling tot by 24-7 gebring het.
Noordelikes se eerstespan het Letaba ‘n harde tyd op die veld gegee en met ‘n 41-18 oorwinning weggestap. Die puntemakers was teen druktyd nie bekend nie.
Tydens Saterdag se beslissende ronde speel Noordelikes se eerstespan teen Potgietersrus Rugbyklub, die tweedespan teen Dendron Rugbyklub en die derdespan teen Letaba.
“Die wedstryde teen Potties en Dendron gaan nie maklik wees nie. Dié twee spanne was tydens die uitspeelrondes bo aan die punteleer en albei spanne speel harde rugby. Noordelikes sal moet uithaal en wys om vanjaar weer naam te maak,” sê tweedespanafrigter, Lieb Coetzer.

 

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Noordelikes se loskopstut, Runaldo Varela word vasgevat.

 

Die regtervleuel, Jacques Strydom soek ‘n gaping.
Die regtervleuel, Jacques Strydom soek ‘n gaping.
Juan de Beer van Noordelikes se tweedespan duik oor die doellyn.
Juan de Beer van Noordelikes se tweedespan duik oor die doellyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button