Gekombineerde muurbalspan laat opponente sweet
Polokwane Muurbalklub se gekombineerde span het tydens die onlangse Soutpansberg Uitdaagtoernooi die spanne van Louis Tri- chardt en Pretoria laat les opsê. Louis Trichardt Muurbalklub het vanjaar dié toernooi vir die 28ste keer aangebied en spanne van Adelaars en Kentron Muurbal- klubs in Pretoria, Louis Trichardt Muurbalklub en ‘n gekombineerde span van Polokwane, wat spelers …
Polokwane Muurbalklub se gekombineerde span het tydens die onlangse Soutpansberg Uitdaagtoernooi die spanne van Louis Tri- chardt en Pretoria laat les opsê.
Louis Trichardt Muurbalklub het vanjaar dié toernooi vir die 28ste keer aangebied en spanne van Adelaars en Kentron Muurbal- klubs in Pretoria, Louis Trichardt Muurbalklub en ‘n gekombineerde span van Polokwane, wat spelers van Tzaneen en Lephalale ingesluit het, het deelgeneem.
Die verdedigende kampioene vir die afgelope paar jaar in die A-afdeling, die Adelaars is deur die Polokwanespan onttroon terwyl die B-afdeling se kampioene, Louis Trichardt ook nie daarin kon slaag om hul titel suksesvol teen Polokwane te verdedig nie.
Louis Trichardt Muurbalklub het die borge van die dag bedank.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Die gekombineerde Polokwane-muurbalspan vir die A-afdeling van die Soutpansberg Uitdaag- toernooi is Shamir Cassim, Franco Welman en Wouter Kotze, voor. Agter is Lofty Fourie en Henry Young.