Sport

Sukses in halwe ysterman vir Jason Stander

Niks laat die vasberade Jason Stander van koers verander as hy iets met mening aanpak nie. In Januarie het hy besluit om die gedugte Standard Bank Ironman 70.3 in Durban aan te durf én baie gewig te verloor. Ses maande later het hy die medalje op 18 Junie in sy hand en is ‘n volle …

Niks laat die vasberade Jason Stander van koers verander as hy iets met mening aanpak nie. In Januarie het hy besluit om die gedugte Standard Bank Ironman 70.3 in Durban aan te durf én baie gewig te verloor. Ses maande later het hy die medalje op 18 Junie in sy hand en is ‘n volle 20 kg ligter.
“Ek was nie gelukkig met hoe ek lyk nie en was lus vir iets anders as die Comrades of die Standard Bank 51.50 Bela-Bela wat as ‘n klein ysterman-kompetisie bekend staan. Omdat ek fietsry baie geniet en van swem hou was die halwe ysterman ‘n logiese keuse.”
Tipies aan Stander beplan hy dinge behoorlik. In samewerking met ‘n gimnasiuminstrukteur, Pearl Hughes, het hy begin voorberei vir dié strawwe uitdaging waarin ‘n atleet se veelsydigheid ononderhandelbaar is omdat dit uit 1,9 km swem, 90 km fietsry en ‘n halwe marathon (21,1 km) bestaan wat binne ‘n tydsbestek van ses en ‘n halfuur voltooi moet word.
Hy het afwisselend vier keer ‘n week gimnasiumwerk gedoen, 1,5- tot 2 km geswem en tussen agt en 12 km op ‘n slag gedraf. ‘n Langafstand fietsrysessie van 60- tot 90 km is oor naweke ingewerk. Boonop het hy ‘n hoë proteïen en lae koolhidraat-dieet begin volg en vinnig liggaamsvet afgeskud.
“Ek het geleer om op my eie klein uitdagings aan te pak en sukses te behaal. Soos wat ek gevorder het, het ek gewig begin verloor wat my opnuut gemotiveer het.” Stander se transformasie en gevolglike sukses het hom uitgedaag om grense verder te skuif en hy beplan reeds om volgende jaar die Ultra Triathlon Midlands aan te pak wat ‘n volle ysterman-kompetisie is.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Jason Stan­der besig met die
fietsrygedeelte van die Standard Bank Ironman 70.3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button