Sport

Plaaslike stoeiers presteer op nasionale vlak

Sewe stoeiers van die Ion Baciu Stoeiklub het die naweek by die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe in Pretoria ses goue, een silwer- en een bronsmedalje verwerf. In die Grieks-Romeinse afdeling het Steyn de Lange in die kadetafdeling se 69- tot 76 kg gewigsklas ‘n goue medalje verower. Maruné Botha het ‘n goue medalje in die vroue kadetafdeling, …

Sewe stoeiers van die Ion Baciu Stoeiklub het die naweek by die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe in Pretoria ses goue, een silwer- en een bronsmedalje verwerf.
In die Grieks-Romeinse afdeling het Steyn de Lange in die kadetafdeling se
69- tot 76 kg gewigsklas ‘n goue medalje verower. Maruné Botha het ‘n goue medalje in die vroue kadetafdeling, 52- tot 56 kg klas, gewen.
In vrye styl-afdeling, waarin stoeiers hul arms en bene asook die opponent s’n gebruik om die teenstander op die stoeimat vas te pen, se kadetafdeling het Francois Rossouw die 63- tot 69 kg klas gewen, terwyl Steyn ‘n tweedeplek behaal het.
Marais Hattingh het ‘n bronsmedalje in die 46- tot 50 kg klas huis toe gebring.
In die vrye styl, seniorafdeling, vir stoei­ers 20 jaar en ouer, het Terry van Rensburg in die 61- tot 65 kg gewigsklas, Roedie Roets in die 65- tot 70 kg klas, en Hanru Botha in die 70- tot 76 kg klas goue medaljes verower.
Magrietha Lourens, die klub se sekretarisgene­raal, sê dat Van Rensburg, Roets en Botha, hoop om vir die Statebondspele wat volgende jaar in Australië plaasvind, te kwalifiseer.
Kadetstoeier, Francois Rossouw het tydens die Afrika Stoeikampioenskappe wat in Marokko gehou is vir die Wêreld Kadetkampioenskappe wat van 5 tot 10 September in Griekeland plaasvind, gekwalifiseer en is volgens Lourens tans met voorbereiding besig.

Storie en foto: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button