Sport

Noordelikes nie dié jaar in Boet Fick-finaal

Na verskeie taai wedstryde die afgelope seisoen, sal Goldwagen Noordelikes nie vanjaar in die Boet Fickliga-finaal te sien wees nie omdat hul Saterdag die spit tydens die semifinaal afgebyt het. Noordelikes se tweedespan moes op die ou Peter Mokaba Stadion die knie met 16-29 teen Potgietersrus Rugbyklub buig terwyl die eerstespan met 19-41 teen dieselfde …

Na verskeie taai wedstryde die afgelope seisoen, sal Goldwagen Noordelikes nie vanjaar in die Boet Fickliga-finaal te sien wees nie omdat hul Saterdag die spit tydens die semifinaal afgebyt het.
Noordelikes se tweedespan moes op die ou Peter Mokaba Stadion die knie met 16-29 teen Potgietersrus Rugbyklub buig terwyl die eerstespan met 19-41 teen dieselfde klub verloor het.
Vanjaar se Boet Fickliga-wenners word Saterdag tussen Potties en Northam Rugbyklub op Northam beslis.
Noordelikes se eerstespankaptein, Mynhardt Smith sê die spanne het onnodig punte aan hul opposisie afgestaan. “Potties is ‘n goeie span en verdien om te wen. Ons het vanjaar ‘n baie jong span gehad en die groot wedstryde was net te veel vir party spelers, maar ons groei saam en sal as ‘n baie sterker span anderkant uitkom,” sê Smith.
Die klub het van 2008 tot 2015 as wenners van dié jaarlikse liga geseëvier, maar moes verlede jaar hul titel aan Potties afstaan. “Daar was in die verlede baie meer spanne wat aan die liga deelgeneem het en ander spanne se oorwinning kan klubs hopelik weer inspireer om deel van die liga te word en nuwe asem in klubrugby te blaas,” sê Smith.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Riaan van Niekerk van Noordelikes se tweedespan soek hulp van ‘n spanmaat.
Tweede spanspeler, Ruan Bakkes, rank om die bal te kry.
Johannes Lediga beur deur die verdediging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button