Xtreme Archery stel Nasp-boogskiet bekend
‘n Groep jong boogskuts en hul ouers het Saterdag XTreme Archery se bekendstelling van die National Archery in the Schools Programme (Nasp) by die plaaslike baan bygewoon en is vuur en vlam om aan hierdie interessante sportsoort deel te neem. Instrukteur Barnie van Tonder van Nasp in Mokopane het die skuts touwys gemaak en verduidelik …

‘n Groep jong boogskuts en hul ouers het Saterdag XTreme Archery se bekendstelling van die National Archery in the Schools Programme (Nasp) by die plaaslike baan bygewoon en is vuur en vlam om aan hierdie interessante sportsoort deel te neem.
Instrukteur Barnie van Tonder van Nasp in Mokopane het die skuts touwys gemaak en verduidelik dat klubs nou landswyd gestig word ten einde dié sportsoort onder kinders te bevorder. “Dit is ook ‘n gesinsport en ouer mense is welkom. Die toerusting is bekostigbaar en Nasp verskaf ook pyle en boë,” vertel hy.
Nasp is ‘n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat dit ten doel het om deelname van die Suid-Afrikaanse jeug aan verantwoordelike buitemuurse sport deur middel van massadeelname in skole te bevorder. Die program spits hom toe op die kweek van volgehoue vaardighede wat positief inwerk op kinders se persoonlikhede, volgens Van Tonder.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com




