Plaaslike skuts ontvang trofeë vir prestasies
Die provinsiale tak van die Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie het onlangs hul jaarafsluiting en prysuitdeling buite die stad gehou waartydens skuts vir hul uitnemende prestasies vereer is. Junior skuts sowel as mans en vrouens is in verskeie kategorieë op provinsiale en nasionale vlak as uitblinkers aangewys. Die trofeewenners in die mansafdeling is Hannes Becker (langafstand …

Die provinsiale tak van die Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie het onlangs hul jaarafsluiting en prysuitdeling buite die stad gehou waartydens skuts vir hul uitnemende prestasies vereer is.
Junior skuts sowel as mans en vrouens is in verskeie kategorieë op provinsiale en nasionale vlak as uitblinkers aangewys.
Die trofeewenners in die mansafdeling is Hannes Becker (langafstand geweer senior kampioen), Apie Breet (handwapen ope veterane kampioen), Braam Pretorius (kleingeweer senior kampioen), Pieter Coetzer (Ambassadeurstrofee, jaggeweer senior kampioen), Cilliers Erasmus (luggeweer gaskampioen), Jannie van Wyk (handwapen kompakkampioen), Christo Pretorius (boog penne, luggeweer veerkampioen en Veelsydigste Skut van die Jaar), Org van Zyl (lugpistool veer, langafstand geweer en jaggeweer veteraankampioen), Bert Prinsloo (handwapen standaard en kleingeweer .22 veteraankampioen), Danny Muller (handwapen standaardkampioen), Morné Snelling (lugpistool veer senior kampioen, Toegewydste lid van die Jaar, haelgeweer jagkampioen en Kamerade trofee), Paul Eksteen (handwapen ope senior kampioen), Christo Strijdom (haelgeweer senior kampioen), Johan van Wyk (boogjagkampioen) en Cobus Joubert (geweerjagkampioen).
In die vroue-afdeling het die vrouens ook nie nodig gehad om terug te staan nie. Die trofeewenners is Corneli Strijdom (haelgeweerkampioen), Erna Prinsloo (handwapen standaardkampioen), Rika van Zyl (jaggeweer en lugpistoolkampioen) en Yolandie Jonker (langafstand geweerkampioen).
Daar was vanjaar ook geen keer aan die jong opkomende skuts nie. Die trofeewenners in die junior-afdeling is Hanré Willemse (luggeweer en kleingeweer o.19-kampioen), Helgard Muller (handwapen standaard o.19-kampioen), Jan-Hendrik Venter (langafstand geweer o.19-kampioen), Hanco Willemse (kleingeweer en luggeweer gas o.14-kampioen), Dré Jonker (luggeweer veer, haelgeweer en jaggeweer o.19-kampioen) en Efan Meyer (boog penne o.19-kampioen).
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com








