Tommies kaskarre–geldinsameling begin
Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is sedert verlede week op verskeie straathoeke en winkelsentrums in die stad te sien waar hulle besig is om geld vir die skool se grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek, die kaskarresies, in te samel. Die graad 11A-klas is byna elke weeksdag en op naweke op die hoek van Webster- en …

Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is sedert verlede week op verskeie straathoeke en winkelsentrums in die stad te sien waar hulle besig is om geld vir die skool se grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek, die kaskarresies, in te samel.
Die graad 11A-klas is byna elke weeksdag en op naweke op die hoek van Webster- en Marshallstraat sowel as in die omgewing van Potgieterlaan en die Cycad-inkoopsentrum te sien waar hulle ywerig met blikkies geld insamel.
Een van die ouers, Jackie Rademeyer het die publiek aangemoedig om die leerders te ondersteun, maar om ook versigtig te bestuur wanneer hulle die leerders op die straathoeke waarneem.
Tommies se kaskarresies word vanjaar op 28 Februarie by die skool aangebied en beloof om oudergewoonte vir groot opwinding te sorg.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




