Bosveld SportSport

HPP se rugbyspanne deur na finaal

DRIE van Hoërskool Piet Potgieter se rugbyspanne gaan vanjaar in die Limpopo finaal speel en kwalifiseer ook vir die uitspeelwedstryde vir die gesogte Beeld-trofee later vanjaar.

MOKOPANE – DRIE van Hoërskool Piet Potgieter se rugbyspanne gaan vanjaar in die Limpopo finaal speel en kwalifiseer ook vir die uitspeelwedstryde vir die gesogte Beeld-trofee later vanjaar.

Die trotse ouers van die eerstespan het Bosveld gekontak met die goeie nuus dat die eerstes, sowel as die o/14- en o/15-spanne verlede Saterdag op Hoërskool Ben Viljoen se velde op Groblersdal hul semi-finaal wedstryde vir mediumskole gewen het. Die eerstespan het teen Hoërskool Louis Trichard gespeel en in ‘n tawwe wedstryd met 31 – 21 geseëvier.

Die o/15’s het teen die Hansies kragte gemeet en 15 – 3 gewen. Die o/14-rugbyspan het met 38 – 14 teen Hoërskool Louis Trichardt se jongelinge koning gekraai. Baie geluk aan die drie spogspanne wat deurdring na die Limpopo-finaal op 25 Julie by Hoërskool Tom Naudé in Polokwane.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button