Bosveld SportSport

Koue keer nie aksie op Ovaalbaan

Die enjins het in die Stockrod, 1660's, Pinto- en 2.1-literafdelings behoorlik gebrul en die jaers het alles uitgehaal om eerste oor die wenstreep te jaag.

MOKOPANE – ONDANKS die koue het die adrenalien behoorlik gepomp op die ovaalbaan buite die dorp waar die jaers in die verskeie klasse verlede Saterdagaand teen mekaar meegeding het.

Die enjins het in die Stockrod, 1660’s, Pinto- en 2.1-literafdelings behoorlik gebrul en die jaers het alles uitgehaal om eerste oor die wenstreep te jaag. Ongelukkig het daar reeds Vrydagaand motors tydens die oefensessie gebreek, en moes van die manne as toeskouers leepoog al die aksie aanskou.

In die Stockrodklas het Potties se manne mekaar goed opgekeil.

Daar was geen keer aan Herman Nel met sy Golf 2 nie en is hy die kampioen van die Stockrodklas vir die aand. Louis Ruytenberg (jnr.) was tweede met Johan Thiart derde.

Die 1660- en Pintoklas het soos gewoonlik vir naelbytoomblikke gesorg.

Jacques Daniel (Jackie) van Mokopane wat vir die Polokwane wedrenklub jaag, moes uithaal en wys. Hy het egter nie teleurgestel nie en as wenner ook gewys waarom hy die SA3 titel dra. Pieter Ferreira van Mahem was tweede met Handré Kotze, ook van Mahem, op sy hakke. In die 2.0 liter-klas het Jan Venter van Mokopane skoonskip gemaak en met die wentrofee weggestap.

Riaan Harmse van Pretoria het die privaat resies gewen. Met dié resies kan die toeskouers hul slag om die baan kom wys. Trevor Els Raceway bedank al die lojale ondersteuners wat ondanks die bibberweer steeds die wedrenne kom ondersteun het. Die volgende wedren is op Saterdag, 18 Julie. Weens die koue weer is daar besluit om reeds 14:00 te begin. Vir navrae kontak Dinnette by 072 180 3777.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button