Tiaan het wen-duiwe
TWEE duiwe van Tiaan Marais het eerste gekom in die Winburg 1 jaaroud- en ope-wedvlugte wat verlede naweek gehou is.

MOKOPANE – TWEE duiwe van Tiaan Marais het eerste gekom in die Winburg 1 jaaroud- en ope-wedvlugte wat verlede naweek gehou is.
Die lede van die Sportman Amateur Posduifklub se duiwe het vroegoggend weggespring met Marais se duiwe wat onderskeidelik ‘n wenspoed van 77 km per uur en 79 km per uur in die twee wedvlugte gehandhaaf het.
‘n Duif van Barend Viljoen was tweede in die jaaroud-wedvlug met drie duiwe van Marais wat daarna gekom het.
In die ope-wedvlug was ‘n mannetjie van Engelbrecht Hokke tweede met n duif van Fanie Viljoen wat derde klaar gemaak het.
Die uitslae in die jaaroud-vlug was as volg:
• Tiaan Marais: 1, 3, 4, 5, 7.
• Barend Viljoen: 2.
• Johan van Zyl: 6, 9, 10, 11, 12.
• Louis Rossouw: 13, 14.
Die uitslae in die ope-vlug was as volg:
• Tiaan Marais: 1, 4, 7, 18, 19 en 20.
• Engelbrecht Hokke: 2, 17.
• Fanie Viljoen: 3, 11, 12.
• Johan van Zyl: 5, 6, 10, 14 en 16.
• Louis Rossouw: 8, 9, 15.
• Barend van Biljon: 13.



