Bosveld SportSport
Warm wiele by die ovaalbaan
Die jaers gaan op Saterdag, 18 Julie weer hul slag in die verskeie afdelings wys

MOKOPANE – DIT mag dalk winter wees maar wanneer die jaers op die Ovaalbaan buite die dorp hul motors eers aan die gang het, is die koue skoon vergete.
Die jaers gaan op Saterdag, 18 Julie weer hul slag in die verskeie afdelings wys en Trevor Els Raceway nooi die hele gemeenskap om te kom deel in die opwinding. Kom kyk hoe die jaers mekaar in hul warmgemaakte karre jaag in die Stockrod, 16160’s, Pinto en 2.1-literafdelings.
Die wedrenne begin om 17:00 so maak seker jy is vroeg genoeg daar om nie die aksie mis te loop nie. Daar sal genoeg stalletjies wees waar die honger en dors geles kan word. Vir navrae kontak Dinette by 072 180 3777.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



