Klub se wedvlugseisoen skop nou af in alle erns
DIE Potgietersrus Posduifklub se wedvlugseisoen het nou in alle erns afgeskop met die eerste wedvlugte wat die duiwe vanaf Parys terug na hul hokke gevlieg het.

MOKOPANE – DIE Potgietersrus Posduifklub se wedvlugseisoen het nou in alle erns afgeskop met die eerste wedvlugte wat die duiwe vanaf Parys terug na hul hokke gevlieg het.
Vanjaar is dit die duiwe uit die hokke van Vorbeck, Brendon en Dean Williams, Jaco Wiese en Van Vuuren Hokke wat mekaar die stryd aansê. Die Parys 1 jaaroudvlug is gewen deur ‘n wyfie uit Vorbeck Hokke terwyl ‘n mannetjie uit die hokke van Jaco Wiese die opewedvlug ingepalm het. Verlede naweek het die duiwe weer vanaf Parys gevlieg en dit was duiwe uit die hokke van Brendon en Dean William wat eerste tuis was.
Die Parys 2 jaaroud-wedvlug se uitslae is as volg:
Brendon en Dean William: 1, 3, 6.
Jaco Wiese: 2, 4.
Vorbeck Hokke: 5, 7.
Die Parys 2 opewedvlug se uitslae is as volg:
Brendon en Dean William; 1, 5, 7, 9, 10 en 13.
Jaco Wiese: 2, 3, 4, 6, 8, 11, 12.




