Bosveld SportSport

‘n Maak of breek-wedstryd vir die Potties rugbyklub se spelers

DIE manne van Potties rugbyklub is slaggereed vir hul wedstryd Saterdag teen Louis Trichardt om te bepaal of hulle 'n kans staan om deel te neem aan die Cell C Community Cup.

MOKOPANE – DIE manne van Potties rugbyklub is slaggereed vir hul wedstryd Saterdag teen Louis Trichardt om te bepaal of hulle ‘n kans staan om deel te neem aan die Cell C Community Cup.

Die twee beste klubs in elke provinsie ding mee in die Community Cup wat die grootste klubligakompetisie in die land is.

Louis Trichardt, die naaswenner in die Boet Fick senior liga gaan Saterdag teen Potties kragte meet om te bepaal wie aan die Cell C klubkompetisie gaan deelneem.

Noordelikes, die wenner van die Boet Fick senior liga, kom ook dan te staan teen Northam wat vanjaar die Waterbergliga gewen het. Northam het verlede naweek met die streeptruie (Potties) in die finaal afgereken met ‘n eindtelling van 26-10. Die wedstryde word in Polokwane gespeel en die onderskeie wenners sal aan die Community Cup gaan deelneem.

Potties rugbyklub bedank hul hoofborg, Meat City en ook Ocean Basket en Park Hotel vir hul hulp. Die span sê ook dankie vir hul hoofafriger, SJ Jonker, Franscois Duvenage, die klub se president, Louis Cangueiro, die klub se voorsitter en die spanbestuurder, Ockie Groenewald. Die klub bedank ook die gemeenskap vir hul ondersteuning.

Die rugbyklub hou 1 Augustus ‘n fondsinsameling en vra die gemeenskap om hul gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub te kom ondersteun. Na die dag se aksie kom Johnathan van Radio Raps aan die beurt met vermaak in die gholfklub se lapa. Gholfspelers kan gerus die gholfklub by 015 491 5563 kontak om in te skryf en kaartjies vir die aand se jolyt kan by Computicket bespreek word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button