Bosveld SportSport

Jonk en oud swaai hul stokke tydens KFC gholfdag

BYNA 110 gholfspelers en 38 Krugies het verlede Donderdag hul stokke tydens die KFC Laerskool Krugerpark Gholfdag geswaai.

MOKOPANE – BYNA 110 gholfspelers en 38 Krugies het verlede Donderdag hul stokke tydens die KFC Laerskool Krugerpark Gholfdag geswaai.

Die spelers het reeds vroegoggend die eerste houe geslaan en die jongelinge van Krugerpark het hul nie deur die ouer spelers laat stuit nie en puik gevaar.

In die junior-afdeling is Will Hawken as die wenner gekroon met Jeandré Nortje kort op sy hakke in die tweede plek. Laumari Hawken slaan ‘n derde plek los en Johan Kotze raap ‘n vierde plek op, terwyl Nicolai Kruger ‘n gesogte vyfde plek inpalm.

In die senior-afdeling wen die gedugte span van Afana cash loans bestaande uit Jan Klopper, Munro Deysel, De Wet Kruger en Robert Abrahamse. Die N1-Petroleumspan bestaande uit Frikkie Beytell, Garry Nel, Koos Meyer en Neville Barnard het hulle stokke behoorlik geswaai en ‘n tweede plek losgeslaan.

Johan Vertongen, skoolhoof van Laerskool Krugerpark, bedank al die spelers, organiseerders en borge vir hul bydrae asook in besonder vir KFC die hoofborg, waarsonder die dag nie moontlik so wees nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button