Lim-kampioene!
HULLE mag dalk die groentjies van die skool wees, maar as dit by rugby kom is die o/14-rugbyspan van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) beslis nie nat agter die ore nie.
Foto: Verskaf.
MOKOPANE – HULLE mag dalk die groentjies van die skool wees, maar as dit by rugby kom is die o/14-rugbyspan van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) beslis nie nat agter die ore nie. Die begeesterde jongelinge het met skitterende rugby teen Hoërskool Nylstroom verlede Saterdag as die wenner in die Limpopo finaal vir mediumskole weggestap. Hulle het Nylies se o/14-span met 14-0 afgeransel met Wiehan van der Kolff wat as die speler van die wedstryd aangewys is.
Renier Labuschagne en Hans Du Plessis, afrigters van die span, is trots op die puik prestasie en sien uit om die span in aksie te sien in die Beeldtrofee-kampioenskappe.
Die span speel dan in die kwarteindstryd teen Hoërskool Brandwag of Hoërskool Bekker. Dié wedstryd sal op 8 Augustus op HPP se veld gespeel word tydens die Kierieklapperkunstefees.
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.







