Rolbalklub spelers beloon
DIE Potgietersrus-rolbalklub het verlede Donderdag tydens hul swierige jaarlikse prysuitdeling hul top spelers beloon.
MOKOPANE – DIE Potgietersrus-rolbalklub het verlede Donderdag tydens hul swierige jaarlikse prysuitdeling hul top spelers beloon.
Die rolbalklub is die afgelope 66-jaar volstoom aan die gang en sy lede kry soveel moontlik geleentheid om teen mekaar en ook teen ander rolbalklubs te speel. Daar word ook heerlik saamgekuier.
Bessie de Beer het die sportsoort al goed onder knieë en het vanjaar die trofee as vroue-enkelkampioen opgeraap. Tjaart van der Merwe en Lida Steele het die toekenning as beste mans- en vroue-enkelspelwenners ingepalm.
Urma Prinsloo en Marcia Nel maak ‘n gedugte span en het ‘n toekenning gekry as die beste gemengde-vrouespan. Antonie Abrahamse en Hennie Smit spog met die trofee vir die mansgemengdespel, terwyl Linda Smit en Lida Steele die trofee as die top vrouespan verower.
Blackie Swart en Urma Prinsloo maak ‘n bobaasspan en kry die toekenning vir die beste gemengde span.
Die nuwe betuurslede vir 2015 – 2016 is James Steele, Tjaart van der Merwe, Klasie Le Roux, Urma Prinsloo, Dewald de Beer en Elra van der Walt.
Die Potgietersrus rolbalklub het tans 24 lede, maar wil graag die klub uitbrei na minstens ‘n 80, sê Urma.
Diegene wat belangstel om te kom saamspeel kan gerus vir Urma by 082 898 2686 kontak.









