Skuts in die kol met skyfskietkompetisie
DIE skuts van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) en die Potgietersrus CVO Skool het verlede Saterdag in Polokwane deelgeneem aan die Limpssu-uitnodigingkompetisie en gewys hulle kan reg mik en raakskiet.
MOKOPANE – DIE skuts van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) en die Potgietersrus CVO Skool het verlede Saterdag in Polokwane deelgeneem aan die Limpssu-uitnodigingkompetisie en gewys hulle kan reg mik en raakskiet.
Vyf skole se skuts het by Hoërskool Pietersburg (PHS) deelgeneem. HPP se Adriaan Steyn het met die louere weggestap in die o/21-veerafdeling, terwyl Jolene de Beer die o/16-veerafdeling gewen het met Monique Venter kort op haar hakke.
In die o/14-veerafdeling het Adrian Hurn ‘n derde plek opgeraap en Pieter Venter was agtste.
In die o/21-sporterafdeling het Janco Meiring van HPP ‘n eerste plek gekry en Zelda Genis van CVO was vierde. Die skuts gaan op 8 Augustus aan die Limpopo kampioenskappe deelneem.




