Eerstes kuier agter die pale
DIT was opwindende hardloop-rugby wat die toeskouers geniet het en daarby was die skopwerk ook in die kol.

MOKOPANE – DIT was opwindende hardloop-rugby wat die toeskouers geniet het en daarby was die skopwerk ook in die kol. Die eersterugbyspan van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) kan hulself op die skouer klop na hul goeie wedstryd teen Penryn College van Nelspruit verlede Saterdag op hul tuisveld.
HPP se oorwinning was groot en soet na hul onlangse loesing in die eindstryd van die Limpopo finaal vir mediumskole weens onnodige brouwerk.
Die span het Saterdag gewys hul is terug met ‘n bang en verdien ‘n kans in die kwarteindstryd van die Beeldtrofee.
Die eindtelling was 48-29 en Steyn is as die speler van die wedstryd aangewys.
Fotograaf, Ockert van der Westhuizen, het die dag se goeie spel op kamera vasgelê.
Om foto’s te bestel, kontak hom by 082 633 3541.













