Bosveld SportSport

Jong fietsryers trap vir Tour de Gat

MEER as 220 fietsryers het onlangs aan die Limpopo DebtSafe Skole Bergfietsreeks in Phalaborwa deelgeneem.

MOKOPANE – MEER as 220 fietsryers het onlangs aan die Limpopo DebtSafe Skole Bergfietsreeks in Phalaborwa deelgeneem.

Die resies was die eerste van vier wedrenne waarna die Limpopo-span gekies gaan word om die provinsie op nasionale vlak later vanjaar te verteenwoordig.

“Kinders wat aan die wedrenne deelneem is baie entoesiasties en ons besef dat bergfietsry as ‘n sport in gewildheid toeneem. DebtSafe het in hierdie reeks betrokke geraak om die belangrikheid van gesondheid en fiksheid onder kinders van alle ouderdomme te bevorder,” sê Hein du Plessis, besturende direkteur van DebtSafe.

Uitslae:

Jeugseunsafdeling: Carel Smit (gr. 9 ) – derde.

Junior meisiesafdeling: Lané du Plessis (gr. 12) – vierde.

“Nipper” seunsafdeling: Stephan Bekker – sesde plek, Ruben van Tonder, 10de en Johanno van Tonder was 18de.

“Sprogs” seunsafdeling: Johan Mostert – 16de en SJ van Heerden – 21ste.

Sub-jeugseunsafdeling: Arno Smit – 2de.

Die volgende wedren is die Tour de Lake wat op 15 Augustus by Stanford Lake College naby Haenertsburg gehou word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button