Bosveld SportSport

Rugbymanne speel saam op gholfbaan

DIE Potgietersrus Rugbyklub het verlede Saterdag gewys dat hulle nie net rugby kan speel nie, maar ook die gholfstokke kan swaai tydens 'n suksesvolle gholfdag wat 130 spelers gelok het.

MOKOPANE – DIE Potgietersrus Rugbyklub het verlede Saterdag gewys dat hulle nie net rugby kan speel nie, maar ook die gholfstokke kan swaai tydens ‘n suksesvolle gholfdag wat 130 spelers gelok het.

Met ‘n splinternuwe Datsun GO, as ‘n wortel voor die neus, vir die speler wat ‘n volmaakte gelukhou slaan en pryse ter waarde van R10 000 op die spel het die spelers alles uitgehaal. Na ‘n titansiese stryd op die Kameeldoring-gholfbaan is Heinie Holtzhausen en Erika van Dyk met 55 punte as wenners van die dag aangewys met Robert Abrahamse en Jan Klopper wat in hul nek geblaas het, ook met ‘n 55-punt telling, in die tweede plek.

Bennett van der Gryp en Thys Kruger was derde met 53 punte en Leon en Martin Koekemoer vierde met 52 punte. Pieter Rynders, Johan Niemandt, Boeta Smit en Jacob Mothando spog met die prys vir die spelers naaste aan die pen. Die manne van die rugbyklub bedank al die borge: Midas, Fruit and Veg, TAN slaghuis, Ocean Basket, Lonely Oaks, SGD, Walkie Kruger, Live Green Spa, Savuti, FNB en SAB. “Ons bedank ook vir Rainbow Slaghuis, Power Bake, Debtsafe, Specsavers, Tony’s Cash and Carry, Promax, Gurren makelaars, FM Loodgieters, Bearing Man, Doen dit met Rian, NTT Toyota, Elbar Bande, Heroks Elektries, Hyundai, Ipex petroleum, Park hotel, Gensol Junox, Coetzer en De Beer Prokureurs, asook in besonder vir Walter van der Walt van Meat City wat die hoofborg was vir hul ongelooflike ondersteuning waarsonder die suksesvolle dag nie moontlik sou wees nie!

Die klub sê ook dankie aan Piet en Charmaine Botha van Play on Mobile Disco vir hul musiek, asook vir BB Auto vir die borg van die Datsun GO en aan al die spelers en ondersteuners. Die suksesvolle gholfdag is op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n vertoning deur die bekende Jonathan van Radio Raps.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button