Bosveld SportSport
Gholfdag in feesgees was pure pret
TERWYL die gemeenskap van Mokopane verlede Saterdag die KierieKlapperKunstefees (KKKF) bygewoon het, het 83 spelers op die Kameeldoring-gholfbaan saamgespeel.
Foto: Verskaf
MOKOPANE – TERWYL die gemeenskap van Mokopane verlede Saterdag die KierieKlapperKunstefees (KKKF) bygewoon het, het 83 spelers op die Kameeldoring-gholfbaan saamgespeel.
Antony en Tony Hawken tree as wenners uit die stryd met 119 punte met Erhard Spies en Deon Jacobs kort op hul hakke met 116 punte. Wimpie en Erika van Dyk behaal ‘n derde plek met 111 punte.
Johan Kircher, voorsitter van die KierieKlapperKunstefees, bedank al die borge en die spelers vir hul ondersteuning tydens die gholfdag en sê “dit was ‘n reuse sukses”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



