Tour de Lake lok ‘n rekordgetal deelnemende bergfietsryers
Die Tour de Lake is die tweede van vier resies in die reeks. Die uitslae van fietsryers van die Mokopane Fietsryklub is as volg:
MOKOPANE – ‘n Rekordgetal van 247 kinders het verlede naweek aan die Limpopo DebtSafe Skole Bergfietsreeks by Stanford Lake College in Magoebaskloof deelgeneem. Die Tour de Lake is die tweede van vier resies in die reeks.
Die uitslae van fietsryers van die Mokopane Fietsryklub is as volg:
Junior seunsafdeling:
Carel Smit, ‘n derde plek en Emil Sinclair was 29ste.
Sub-junior seunsafdeling:
Arno Smit was eerste en Eldric Bekker spog met ‘n sesde plek.
“Sprogs” seunsafdeling:
Herman Brummelkamp was 26ste, Johan Mostert eindig 28ste en SJ van Heerden raap ‘n 33ste plek op.
“Nipper” seunsafdeling:
Stephan Bekker kry ‘n sesde plek, Ruben van Tonder eindig 12de en Johanno van Tonder verower ‘n 16de plek.
Vir meer inligting, besoek gerus hulle webtuiste by www.limpopomtb.co.za, of stuur ‘n e-pos aan Johan van Dijkhorst by limpoposchoolmtb@debtsafe.co.za.




