Top rolbalspelers skitter in Nyl Rolbaltoernooi
Die Nyl Rolbaltoernooi by die Potgietersrus Rolbalklub het oudergewoonte van die land se top spelers gelok.
MOKOPANE – Die Nyl Rolbaltoernooi by die Potgietersrus Rolbalklub het oudergewoonte van die land se top spelers gelok.
Altesaam 112 rolbalspelers het verlede Saterdag hul vernuf gewys. Die tweedag-toernooi het gesorg vir hope aksie en die spelers het van vroegoggend gekonsentreer om die bal met die regte gewig en spoed te beheer asook die wydte te bepaal wat die bal moet rol om die gewenste uitkoms te bereik.
1st plek : span van Groblersdal Rolbalklub Johan du Toit, Gerhard O’Connell, Michelle van der Westhuizen en Jaco van Straaten
2de plek: span van die Benoni Rolbalklub bestaande uit Adie Crossey, Craig Hall, Thinus en Amelia Oelofse
3rd plek: Die Naboomspruit Rolbalklub se Robin James, Pikkie Nortje, Herman Bosmann en Dirk Bornman
Die Potgietersrus Rolbalklub bedank die volgende borge vir hulle bydrae tot nog ‘n suksesvolle toernooi:
Debtsafe, Moorddrift Melkery, Oaks Pub & Grill, Ortloff Kleuterskool, Park Hotel, Rainbow Slaghuis, Platdoorns plaas, Spar Mokopane, N.T.K., Okkie Malherbe, Koos Batterye, Midas Mokopane, Klasie Le Roux, Fruit & Veg, Jannie de Beer, Comanche Spur, Fanie Kemp, Ocean Basket, André Alberts Elektries, Dewie de Beer, Renco, Kurt Kruger, Michael de Beer, Gerda Hawken-Roos fisioterapie, Nissan, Borman Snyman & Barnard prokureurs, Farmabond apteke, Nicolette Hulme fisioterapie, Frans Fourie Professionele Rekenmeesters, Land Rover, Charl van Rooyen Oogkundige, Bank Store, AJ Coetzer & De Beer, Stans Boutique, Garrun Boere, T&D Makelaars, Torga Optical, Zebediela Bricks, Potties se rolbalklublede, Modern Motors, MGM Motors, BB Auto, Rand Superstore, Morpiet Brake & Clutch en @Maroela gastehuis.





