Zelda ‘Beste Skut’ in Limpopo
Zelda Genis het onlangs tydens die Limpopo Skietkampioenskappe op Tzaneen in die o/21-Sporterafdeling 'n silwer - en twee goue medaljes verower.
MOKOPANE- Zelda Genis, ‘n gr. 11-leerder aan die Potgietersrus CVO Skool, is die afgelope vyf jaar ‘n gesogte skut en het onlangs tydens die Limpopo Skietkampioenskappe op Tzaneen in die o/21-Sporterafdeling ‘n silwer – en twee goue medaljes verower.
Zelda Genis spog met die volgende prestasies:
• Tweede plek in die lê-posisie waarvan sy ‘n volkaart geskiet en 196 uit 200 punte behaal het
• derde plek in die staan-posisie
• tweede plek in die kniel-posisie – silwer medalje
• goue medalje in die 10 m staan-los
• goue medalje vir haar puik prestasies
Die titel en medalje as Beste Skut by die kampioenskappe is ook hare. Daarmee verwerf sy haar Limpopokleure vir die tweede agtereenvolgende jaar.
Sy gaan van 4 tot 9 Oktober in Hartebeespoort as deel van die Limpopospan aan die Suid-Afrikaanse Skoleskietkampioenskappe deelneem.
“Ek sien baie uit na die Suid-Afrikaanse skoleskietkampioenskappe met byna 400 top skuts wie deelneem en ek hoop om my persoonlike beste punte daar te verbeter,” sê Zelda opgewonde. Jan Harmse, skoolhoof, sê hy is baie trots op Zelda.
Vol berig in Bosveld Review





