Bosveld SportSport

Top junior swemmers beloon tydens prysuitdeling

Die swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub is verlede Dinsdag tydens hul prysuitdeling in die Pierneefsaal van Hoërskool Piet Potgieter vir hul harde werk beloon.

MOKOPANE – Die swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub is verlede Dinsdag tydens hul prysuitdeling in die Pierneefsaal van Hoërskool Piet Potgieter vir hul harde werk beloon.

Altesaam 100 swemmers het pryse en toekennings ontvang vir hul deelname en prestasies deur die swemseisoen.

Swem prestasies:

• Raymond Kockott ontvang die gesogte Coaches Cup

• Lianca du Toit, Mighael Alberts, Morné van der Bank en Miral Honiball ontvang die wisseltrofeë vir getroue bywoning van die swemoefeninge

Drie top swemmers is vereer met wisseltrofeë vir die Midmar Myl:

• Morné van der Bank vir die beste senior seun

• Franco Botha vir die beste junior seun

• Anél de Vos vir die beste meisieswemmer.

Afskeid word geneem van Miral, Anél, Deané en Duvan Oosthuizen. Die klub wens hul die beste vir die toekoms toe.

Awie Hattingh, afrigter, bedank die volgende borge: Micro Matica (hoofborg), Pieter en Alandi Vogel (Chops & Chives), Sandra White (Torga Optical), Gustav en Yolanda Tiersma, Deon en Vanessa Oosthuizen, Edwill Glover en Werner en Leonore Alberts. Die klub bedank ook die ouers vir hul hulp met die prysuitdeling en Hoërskool Piet Potgieter vir die gebruik van die Pierneefsaal.

Hierby foto’s van die juniors wat pryse ontvang het. Hou Bosveld aanstaande week dop vir die senior pryswenners.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button